logomobile logo

Onderwys

voordele-hero-imagevoordele-hero-image
Die regering wil elke aspek van ons lewe kaap en dit raak nou selfs ons kinders se opvoeding.

Nuwe wette bedreig die onafhanklikheid van ons skole, plaas Afrikaanse onderrig onder druk en word as wapen gebruik om ons kinders se toekoms te vernietig. Solidariteit veg vir minder staat en meer privaat. Beskerm jou nageslag en raak betrokke!

Bela-wetsontwerp

Die aanvaarding van die Bela-wetsontwerp in die praktyk sal beteken dat openbare skole weer staatskole sal word, waarvan ʼn gemeenskap bykans geen insae in die onderwys en bestuur van sy skool of sy kinders sal hê nie.

Die Bela-wetsontwerp sal ʼn reuse-impak op skole se onafhanklikheid hê. Indien dit ingestel word, sal beheerliggame bykans al hulle magte aan die staat afstaan, veral ten opsigte van leerdertoelating en taal.

doel-comment
“Ons sal nie toekyk hoe die departement van basiese onderwys staatskole van openbare skole maak nie. Ons sal ten volle deelneem aan elke beskikbare proses en geleentheid om dit te verhoed en sal dit selfs verder voer as dit ingestel word. Ons sal nie die opvoeding van ons kinders prysgee vir die ideologie van politici nie. Ons sal vasskop en ons skole en onderwysers teen elke prys teen die magsbeheptheid van die staat beskerm. In Suid-Afrika het ons minder staat in ons skole nodig, nie méér nie.”

Dr. Dirk Hermann

Nuutste veldtog

Geen veldtogte tans gevind

Vorige veldtog

Geen veldtogte tans gevind