logomobile logo

Rasmalheid

voordele-hero-imagevoordele-hero-image
Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld.

Jy word op alle vlakke van die samelewing met ras gekonfronteer, want daar is vir alles ʼn raswet. Ras word betrek as jy wil studeer, as jy finansiële studiehulp benodig, as jy sport wil speel, as jy sake wil doen, as jy wil werk en as jy aansoek wil doen vir bevordering. Beskerm jou werk, bemagtig jou gemeenskap en raak betrokke!

Nuutste veldtog

Geen veldtogte tans gevind

Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die
Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD)

As deel van Solidariteit se poging om die regering se rasmalheid te beveg, plaas Solidariteit ook druk op die internasionale gemeenskap. Solidariteit het die Suid-Afrikaanse regering ingevolge die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Rassediskriminasie (ICERD) by die Verenigde Nasies aangekla oor dít wat Solidariteit as “rasmalheid” bestempel. Die internasionale gemeenskap moet kennis neem van ons regering se immorele beleid van rassediskriminasie. CERD en die VN moet bewus gemaak word van ons regering se versuim om in pas met globale norme en waardes te kom sodat hulle uiteindelik ingespan kan word om ons regering by wyse van politieke en regstegniese druk te dwing om te voldoen aan basiese menseregte soos die verbod op onbillike diskriminasie.

Vorige veldtog

Geen veldtogte tans gevind

doel-comment
“Dan wonder mense nog steeds waarom Afrikaners onsself maar help. Die een opsie is om aan dié omstandighede oor te gee, polities korrek en gehoorsaam te bly en uiteindelik kultureel te vergaan. Die regering gaan beslis nie ons kultuur of taal beskerm, ons ekonomies help of ons maatskaplik ondersteun nie. Indien ons dit nie self doen nie, gaan niemand anders dit doen nie. Die ander opsie is om bloot na onsself te kyk en self verantwoordelikheid te neem. Sodoende kan ons ons tyd en hulpbronne so goed as moontlik gebruik om spasies te skep waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan voortleef; spasies waarin ons op onsself aangewese is en nié op die regering nie en spasies waarin dit nie ʼn sonde is om wit en Afrikaans te wees nie.”

Dr. Dirk Hermann