logomobile logo
Kommunikasie- en BemarkingsnetwerkKommunikasie- en Bemarkingsnetwerk

Regsnetwerk

Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk

Wat is die Regsnetwerk?

Solidariteit se Regsnetwerk is ʼn beroepstuiste vir kandidaatprokureurs, regsadviseurs, prokureurs, advokate en regters. Dit is waar lede die belange van die regsberoep gesamentlik kan bevorder. Dit is ʼn gemeenskap wat geborgenheid in die beroep bevorder en só die regsberoep versterk en dien.

Die Regsnetwerk vervul die rol as waghond en help lede ten opsigte van sake wat hulle nadelig beïnvloed. Dié beroepsnetwerk help ook om Afrikaans as beroepstaal te bevorder. Dit bied bystand aan studente en kandidaatprokureurs deur hulle te help om werk te vind en om opleiding te ontvang. Daar word ook gereeld seminare oor temas met betrekking tot die regsberoep aangebied.

Beroepe

Close Icon
Prokureur
Close Icon
Advokaat
Close Icon
Regter
Close Icon
Landdros
Close Icon
Balju
Close Icon
Staatsaanklaer
Close Icon
Kandidaatprokureur
Close Icon
Arbeidsverhoudinge
Close Icon
Beroepsgesondheid en -veiligheid

Beroepspesifieke voordele

Beskikbaarheid van
kandidaatprokureurs
van gehalte

Mentorskap-
geleenthede

Die netwerk dien as
spreekbuis vir die
beroep

Toegang tot
die slypskool

Seminaar- en
opleidings-
geleenthede

Geleenthede vir
voortgesette leer

Behalwe vir beroepspesifieke voordele het jy ook toegang tot Solidariteit se ALGEMENE VOORDELE.

Die Regsnetwerk skep soveel geleentheid, nie net vir voornemende regspraktisyns nie, maar ook vir regspraktisyns oor die algemeen deurdat dit lede onder meer toegang tot ondersteuning, kontak met ervare regslui en kundigheid, asook moontlike werksgeleenthede bied. Raak onmiddellik betrokke en begin so vinnig as moontlik bydra tot die gemeenskap en samelewing.

Sarita Gerber

Slypskool

Die Regsnetwerk se slypskool het ten doel om hulp aan regstudente te bied wat vanaf ʼn sterk akademiese inslag moet oorbeweeg na die toepassing van dié kennis op ʼn vaardige en bekwame manier in die praktyk. Die slypskool maak regstudente en kandidaatprokureurs dus praktykgereed. Die slypskool fokus op konsultasietegnieke, praktykbestuur, saakontleding, skryfvermoë asook hof-etiek en integriteit.

Hier is jou adviesraad

Die adviesraad van Solidariteit se Regsnetwerk bestaan uit briljante kenners in hierdie beroep
en hulle bied kennis en vaardighede om dié beroepsnetwerk na nuwe hoogtes te neem.

1

Prof. Hermie Coetzee

2

Dr. Llewellyn Curlewis

3

Dawie Beyers

4

Dr. Willem Gravett

5

Sarita Gerber

6

Gerrit Visser

7

Riaan Visser

8

Emil Glas

9

Marisa Engelbrecht

Bly op hoogte van nuus in jou veld

No data