Aptekersnetwerk
Wat is die Aptekersnetwerk?
Die doelwit en passie van Solidariteit se Aptekersnetwerk is om die beroep te bevorder en te beskerm asook om die gemeenskap te herinner dat aptekers ʼn belangrike rol in die gesondheidsberoep vervul. Solidariteit se Aptekersnetwerk skep ʼn heenkome vir aptekers waar hulle mekaar kan ondersteun, saam kan leer en uitdagings saam kan aanpak. Dié beroepsnetwerk is ook daarop toegespits om aptekers se beroep te beskerm én met merkwaardige oplossings vir die uitdagings wat in dié beroep ervaar word, vorendag te kom. Solidariteit se Aptekersnetwerk het ten doel om ʼn veilige omgewing te skep waar aptekers tuis, veilig en gewaardeerd kan voel.
Beroepe
Apteker
Aptekersassistent
Apteekbestuurder
Apteektegnikus
Kliniese apteker
Beroepspesifieke voordele
Rol as waghond
ʼn Netwerk van kundiges
Mentorskap
Netwerk-geleenthede
Werk-beskerming
Behalwe vir beroepspesifieke voordele het jy ook toegang tot Solidariteit se ALGEMENE VOORDELE.
Bly op hoogte van nuus in jou veld
No data