

Kantoorpraktisyns-
netwerk

Wat is die
Kantoorpraktisynsnetwerk?
Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk is ʼn gemeenskap wat daarop toegespits is om professionele persone wat dienste in die administratiewe bedryf aanbied met mekaar te verbind, om jong mense geleenthede op ʼn loopbaan in die beroep te bied en om die waghond te wees wat brandpunte in dié beroep met werkbare oplossings takel. Jy as kantoorpraktisyn is die ruggraat van die organisasie en ons wil jou nog verder in die beroep bemagtig. Word deel van ʼn beroepsnetwerk waar jy verstaan word, jy jou kennis kan deel, jou vaardighede kan uitbrei en jy jou volle potensiaal as spesialis binne die beroep kan vestig.
Beroepe
Administratiewe rol
Sekretaresses
Kantoorpersoneel
Kantoorbestuur
Ontvangspersone
Skakelbordoperateurs
Beroepspesifieke voordele

Mentorskap

Netwerk-geleenthede

Rol as waghond

Werkfasilitering
Behalwe vir beroepspesifieke voordele het jy ook toegang tot Solidariteit se ALGEMENE VOORDELE.
Wat bied die netwerk jou?

Bou
Kom bou saam aan ʼn toekoms, nie net vir jouself nie, maar ook vir die volgende generasie. Kry toegang tot loopbaanontwikkelingsgeleenthede, ʼn adviesraad en kundiges binne jou beroep wat nie net ondersteuning bied nie, maar ook praktiese stappe om jou beroep te bevorder.

Bemagtig
Solidariteit bied ʼn verskeidenheid aanlyn kursusse aan wat jy gratis as lid kan voltooi om jouself binne jou beroep te bemagtig. Kennis kan nooit van jou weggeneem word nie, daarom is dit belangrik om aan te hou leer. Woon netwerkgeleenthede by waar jy skouers kan skuur met kollegas binne jou beroep en eksklusiewe toegang tot meesterklasse kan kry wat deur kundiges in die praktyk aangebied word.

Beskerm
In onsekere tye bied Solidariteit sekerheid. Wees verseker van beroepsbeskerming binne jou netwerk. Ons speel die waghondrol in die werkplek en bied oplossings vir brandpunte in die beroep. Jy kry ook toegang tot arbeidsregtelike advies, asook bystand tydens beroepsgesondheid en -veiligheidkwessies.
As Solidariteit-lid kry jy eksklusiewe toegang tot die Kantoorpraktisynsnetwerkgroep op Solidariteit-aanlyn, waar jy met kollegas binne jou beroep kan netwerk. Jy kry ook toegang tot beroepspesifieke inhoud en word eerste in kennis gestel van beplande netwerkgeleenthede. Jy kan ook gebruik maak van die aanlyn regshulpfunksie: Kry maklik en vinnig betroubare en verstaanbare regsadvies, enige tyd en enige plek!

Bly op hoogte van nuus in jou veld
No data
