logomobile logo
VerpleegnetwerkVerpleegnetwerk

Verpleegnetwerk

Verpleegnetwerk

Wat is die Verpleegnetwerk?

Solidariteit se Verpleegnetwerk is jou vennoot deur al die stadiums van jou loopbaan, hetsy jy studeer, praktiseer of gereedmaak vir aftrede. Binne jou professie beleef jy elke dag uitdagings asook suksesse en hierdie netwerk staan jou by deur om onder andere as waghond vir jou op te tree, maar dit is ook meer as dit. Die netwerk is ook daar om jou te help ontwikkel en met kennis toe te rus sodat jy jou daaglikse take professioneel en eties kan aanpak. Ons tree ook namens die verpleegprofessie op deur verhoudinge te bou met ander instellings wat ʼn invloed op die beroep kan uitoefen. Solidariteit se Verpleegnetwerk het ten doel om ʼn veilige omgewing te skep waar verpleegkundiges volhoubare gesondheidsorg kan lewer.

Beroepe

Close Icon
Matrone
Close Icon
Tuisversorger
Close Icon
Vroedvrou
Close Icon
Verpleegkundige
Close Icon
Diereverpleegkundige

Beroepspesifieke voordele

beskerm-staatsinstellings

Rol as waghond

beskerm-rasmalheid

ʼn Netwerk van kundiges

beskerm-belasting

Mentorskap

beskerm-onderwys

Netwerk-geleenthede

beskerm-onderwys

Werk-beskerming

Behalwe vir beroepspesifieke voordele het jy ook toegang tot Solidariteit se ALGEMENE VOORDELE.

Bly op hoogte van nuus in jou veld

Bo-Karoo Opleiding: Ses jaar van dankbaarheid, groei en hoop
Bo-Karoo Opleiding: Ses jaar van dankbaarheid, groei en hoop

In 2025 vier Bo-Karoo Opleiding ses jaar van groei, hoop en hoëgehalte-opleiding. Hierdie instelling bou aan ʼn toekoms vir jong mense binne ʼn omgewing van vryheid, veiligheid en voorspoed. BKO se unieke benadering tot onderrig in Afrikaans maak dit ʼn spilpunt van gemeenskapsontwikkeling en selfvertroue. Lees hier meer oor wat dié instelling in ses kort jare vermag het – en wat alles nog op die Karoo-horison wag.
Deur Kyla-Ann du Toit

#VlymskerpVerkope: Wie is Magriet Groenewald?
#VlymskerpVerkope: Wie is Magriet Groenewald?

Magriet Groenewald, ʼn baanbreker in sosialemediabemarking, het al duisende mense gehelp om hul handelsmerke winsgewend te laat groei. Sy glo in eenvoudige, doelgerigte bemarking wat werklik werk, sonder tegniese kompleksiteite. Lees hier meer oor die spreker van die volgende #VlymskerpVerkope-webinaar en wat jy alles by haar kan leer.

Deur Kyla-Ann du Toit

Lewenslange leer in die nuwe wêreld van werk
Lewenslange leer in die nuwe wêreld van werk

Die vierde nywerheidsrevolusie is iets waarvan ons baie hoor en sommige van ons pas nog daarby aan. Intussen is die vyfde nywerheidsrevolusie reeds ʼn belangrike term wat ons moet begin begryp, want sy tyd is op ons. Wat beteken die vyfde nywerheidsrevolusie vir die werkplek?

Deur Nico Strydom